Return to Website

Bravenet GPSA Web Forum

Welcome to the GPSA Political Web Forum. Floor is open to any / all discussions regarding the socio-political situation in the post-apartheid South Africa. Note that your posting will appear immediately.

Bravenet GPSA Web Forum
Start a New Topic 
Author
Comment
Unibank neem wraak?

Vir wie dit mag aangaan

Ek het op 16/10/2003 uitgevind dat die volgende kredietburo inskrywing teen my verskyn.

R4797.13 Unibank. Datum: 05/11/2001

Aangesien hierdie inskrywing baie verdag voorkom wil ek dus hiermee alles in die stryd werp om agter die ware toedrag van sake te kom.

Die besonderhede en feite is kortliks as volg:

1) Die oorsprong van hierdie “skuld” dateer terug tot ongeveer Oktober 1994.

2) Die “skuld” verteenwoordig ‘n kontrak met Health and Racquet Club waar daar baie kort daarna mondelings ooreengekom is dat dit gekanselleer sal word en ek het nooit weer daarvan gehoor nie. (Ek en my gewese vrou is baie kort hierna geskei en ek was so platgeslaan dat ek ook by ABSA bedank het na 11 jaar diens daar. Het dus versoek dat die kontrak gekanseleer word en Health and Racquet Club het gese dit sal gedoen word)

3) Die “skuld” is later deur Unibank oorgeerf weens samesmelting en as ek dit nie mis het nie word sodanige skuld, na so lang tyd afgeskryf.

4) Daar is intussen wetgewing ingestel teen hierdie praktyk van gesondheidsklubs juis weens die ongesonde beginsel daarvan.

5) Wat hierdie kredietburo inskrywing egter so verdag maak, is dat

a. dit gedoen is binne een week nadat ek by Unibank weg is na een jaar diens sonder dat daar ooit melding daarvan gemaak is, en

b. my kontrak met Unibank beindig is asgevolg van die feit dat ek ‘n amptelike grief ingehandig het teen Unibank se topbestuur nadat ek bedrog van tot R6m opgespoor het, en

c. die omstandighede van so ‘n aard was dat daar duidelike tekens was dat van Unibank se senior mense moontlik betrokke was by omkopery, bedrog, korrupsie of alternatiewelik growwe nalatigheid.

Die volgende feite versterk die moontlikheid dat ‘n baie senior personeellid moontlik betrokke kan wees.

1) Ondanks die feit dat ek, ‘n dowe en tydelike werknemer, ‘n totaal van tot R6m se bedrog opgespoor het oor paar maande, het ek my telkens oneindig baie probleme op die hals gehaal om dit te laat ondersoek. Hoekom?

2) Ondanks Unibank se amptelike beleid, het ek tevergeefs probeer om deur middel van die amptelike griewe prosedure die aandag op die bedrog, ignorering daarvan en ander sake te vestig aangesien dit telkens doodgesmoor is. Hoekom?

3) Ondanks die feit dat heelwat senior personeel met my saamgestem het en my agter die skerms bygestaan het met die amptelike griewe prosedure, wou of kon hulle my nie openlik ondersteun nie en het een of twee selfs bedank, Hoekom?

4) Ondanks die feit dat die Bestuurder, Risikobestuur belowe het om vir my ‘n permanente aanstelling in sy departement te kry aangesien ek beslis ‘n waardevolle bydrae kan lewer, is dit deur mannekrag afgeskiet sonder enige rede of verduideliking, Hoekom?

5) Ondanks die feit dat Unibank oor duisende rekenings beskik het met feitlik geen besonderhede nie en in sommige gevalle selfs net ‘n naam en nommer as enigste data is voorstelle om die situasie te verbeter geignoreer. Hoekom?

6) Ondanks die feit dat ‘n vergadering met drie senior topbestuurslede baie goed verloop het en daar trouens gevra is wat kan hulle vir my doen om my te help, is my kontrak beindig terwyl feitlik al die ander kontrakwerkers s’n verleng is. Dit boonop ook terwyl die Hoofbestuurder, Mannekrag skriftelik erken dat daar nie genoeg tyd is om my amptelike griewe in detail te ondersoek voor my kontrak verval nie. Hoekom?

7) Ondanks die feit dat ‘n oud speurder wat by Unibank se risikobestuur afdeling gewerk het, terselfdertyd ook besig was met bedrog ondersoek wat ‘n interne grondslag het, is hy summier oorgeplaas na ander afdeling en verbied om enige verdere bedrog ondersoek te doen. Hoekom.?

Ondanks die feit dat ek in werklikheid niks te doen gehad het met bedrog ondersoeke of iets dergliks nie maar tog in heelwat gevalle toevallig op bedrog afgekom het, impliseer dit dus dat die R6m ‘n puntjie van die ysberg is maar snaaks genoeg is daar sover ek weet nooit melding gemaak van verliese weens bedrog gedurende die destydse Unifer debakel nie. Hoekom?

9) Ondanks die feit dat “skuld” 8 jaar terug dateer en ek die voorafgaande een jaar by Unibank self gewerk het sonder dat ooit melding daarvan gemaak is, is dit binne minder as ‘n week nadat my kontrak beindig is by prokureurs aangegee en dadelik op kredietburo gesit, Hoekom?

Bogemelde en veral die laaste punt hierbo beteken net een ding en dit is dat ‘n senior persoon waarskynlik betrokke is en dit dus ‘n direkte en persoonlike aanval was want die kans is NIL dat hierdie inskrywing binne gewone verloop van besigheid sou plaasvind. (Hoekom is dit nie gedoen die voorafgaande 7 jaar voor ek by Unibank begin het, of die volgende jaar terwyl ek daar gewerk het nie, maar juis op daardie spesifieke tydstip toe my amptelike griewe soveel druk veroorsaak het dat my kontrak beindig is - boonop nogal strydig met wetgewing want sover ek weet mag my kontrak nie beindig word voor die amptelike griewe prosedure afgehandel is nie)

Ek b

Unibank neem wraak? - 'n Kan wurms?

Hierdie man het 'n groot probleem. En hy is nie die enigste nie! Unibank is 'n "microlender" en dit blyk asof hulle met groot bedrog besig is.
Nog 'n artikel hier : http://www.dailynews.co.za/index.php?fArticleId=137111

En vir ander met dieselfde probleem as Frank - oorweeg dit om hier aan te sluit :
http://www.lsdonline.co.za/dsat/home.php

Ek vind dit 'n skande dat hierdie bank (Unibank) 13de op die Top 20 van Suid Afrikaanse banke verskyn volgens die Financial Mail (2000). Daar is vele stories oor "loan sharks" in ons land -
http://www.persfin.co.za/index.php?fSectionId=588&fArticleId=154233 wat dinge nog harder maak vir mense wat klaar swaarkry onder die ekonomiese omstandighede (veral so jaar of twee gelede).
Voorspoed Frank, en laat weet hoe dit gaan...